ARGITEKTUUR

Die argitektuur van Groot Parys Leefstyl-landgoed is soortgelyk aan Kaapse Karoo-volksargitektuur. Paarl beskik oor ’n unieke skatkis van argitektuur wat uit die 1600s dateer. Dit wissel van vroeë Kaaps-Hollands, tot die ornamentele Victoriaanse en Art Deco-style. Groot Parys Leefstyl-landgoed se argitektuur pas naatloos in by die Kaaps-Hollandse estetika met sy geuweldakke en groot vensters.

Die landgoed se geskiedkundige herehuis was aanvanklik ’n Kaaps-Hollandse plaashuis, maar is in 1905 herbou en is tans tipies Edwardiaans. Die meeste van die plaasgeboue op Groot Parys is laat-Victoriaans, met een gebou, noord van die herehuis, wat ‘n tipiese Suid-Afrikaanse interpretasie van die laat 19de eeuse boustyle is – ’n unieke kenmerk van Groot Parys.

Die wonings op Groot Parys Leefstyl-landgoed is almal met die volgende toegerus:

  • Dubbelglasering by alle vensters en buitedeure, uitgesluit die soliede hout voordeur
  • Lugversorging in die hoofslaapkamer en leefarea
  • Sonpanele met ’n omskakelaar vir elektrisiteit en verhitting van water
  • Watertenk om reënwater vanaf geute op te gaar
BESIGTIG ONS EIENDOMME
Exterior-300x300
Kitchen-300x300
living-area-300x300
Bedroom-300x300
Bathroom-300x300
06-300x300

KONTAK ONS

Vir verdere inligting rakende ons fasiliteite of eiendomme, kontak ons gerus.