GESKIEDENIS EN NALATENSKAP

Paarl se ryke geskiedenis begin reeds in 1687, en kort daarna word plase aan Hugenootfamilies, wat vanaf Frankryk gevlug het, toegeken. Groot Parys Leefstyl-landgoed lê in die hartjie van hierdie geskiedkundige area en is gerieflik na aan die dorpskern en die N1. Dit word omring deur wingerde, die Drakensteinbergreeks en Paarlberg, asook ’n oorvloed van fauna en flora wat inheems tot die area is.

Op Groot Parys self, word daar vanaf 1699 met druiwe geboer en sedert 1709 wyn op plaas gemaak. Vandag is die plaas steeds omring deur geskiedenis en is die meeste van die geboue laat-Victoriaans in styl. Die landgoed se hoofopstal was eers ’n tipiese Kaaps-Hollandse plaashuis, maar is in 1905 herbou en beeld nou ’n Edwardiaanse styl uit. Veertig jaar later het Italiaanse krygsgevangenes op die plaas gewoon en het hulle ’n ondergrondse kelder by die herehuis én stutmure, aan die agterkant van die plaasopstal, van rivierklippe gebou.  Groot Parys Leefstyl-landgoed bied vandag nie net ’n reeks hoë kwaliteit eiendomme aan sy inwoners nie, maar ook pragtige argitektuur wat uit die 1600s dateer, uitstekende sekuriteit, besondere gesondheidsorg vir ‘n wye reeks van mediese behoeftes, en ‘n magdom aktiwiteite en geriewe.

KONTAK ONS

Vir verdere inligting rakende ons fasiliteite of eiendomme, kontak ons gerus.