Beata Carstens, Terra Rossa-straat
“Ek het op 4 Desember 2020 in my splinternuwe huis ingetrek. Wat ’n belewenis om op Groot Parys Leefstyl-landgoed te woon! Wanneer jy in die oggende wakker word voel dit asof jy op ‘n plaas woon – vreedsaam, stil, met net die voëlgesang om jou.
Verder is ’n mens in verwondering oor die uitsigte; die berge wat die Paarl omring, wat jou laat voel dat jy na aan die natuur leef. Die uitleg van die tuine en die omringende areas dra hiertoe by. Groot Parys Leefstyl-landgoed is my tuiste. “