Groot Parys is ‘n ikoniese en welbekende landgoed in die Kaapse Wynlande. Groot Parys se storie het reeds in 1688 begin toe die Franse Hugenoot, Jean le Roux, na die Kaap gevlug het en hom later in 1692 op hierdie stuk grond kom vestig het. Kort hierna, in 1699, het Willem Adriaan van der Stel die kaart en transport geteken en verkry Jean le Roux so die regte tot Groot Parys. Hier by Groot Parys duur sy Hugenote-nalatenskap op die gelyknamige leefstyl-landgoed voort. Die leefstyl-landgoed word op ‘n 14 ha gedeelte van die plaas ontwikkel en word gekenmerk deur ’n passie vir tradisie, omgewing, en volhoubaarheid.
Wat maak Groot Parys so ’n unieke en ideale opsie as ’n beveiligde leefstylbestemming? Behalwe dat die landgoed op ’n historiese Bolandse wynplaas geleë is, is daar verskeie ander voordele wat hierdie ontwikkeling en omgewing aan sy inwoners en beleggers bied, naamlik:
- Die landgoed is geleë binne maklike bereik van alle noodsaaklike dienste en topklasbestemmings.
- Elke woning het noordfront-leefareas.
- Die moderne Kaapse Karoo-plaashuis-argitektuur integreer energiebesparende en omgewingsvriendelike elemente en praktyke.
- Kopers kry die geleentheid om deel van ’n landelike Renaissance-gebied te wees wat beter waarde as die meeste soortgelyke topklasbestemmings bied.
- Met die ontwikkelingsvennoot, Annenberg Eiendomsgroep, kan voornemende kopers gemoedsrus hê.